Saturday, August 11, 2007

EX UNITATE VIRES

A Poem in Afrikaans (See "an English Translation to EX UNITATE VIRES")

EX UNITATE VIRES

Afrikaner volk, my Moedertaal,

hoe het ons nou so laag gedaal?

My Volk, my Land, my Taal.

 

Waarheen? Waarom die kinders ween?

Hoe het die Here ons gestraf.

EENDRAG MAAK MOS ALTYD MAG?

 

Die Zulu volk verraai, betoor,

sy boere vriende ook vermoor.

By Bloedrivier se slag, ñ Sondag was,

ñ boodskap vir die volk se oor:

EENDRAG MAAK MAG! EER MY DAG!

 

In Eendrag is daar mag.

Wat doen ons toe my volk?

Hoe het ons daardie boodskap toe vertolk?

 

Met kinders wit, gesog, so fraai,

Ons bou en ploeg en saai en braai.

EENDRAG MAAK MAG is mos net vir witbloed krag.

 

Die Heer kyk toe hoe Volk verwoes,

selfsugtig bou en saai en oes.

Ons swart broer van Afrika besteel

Die land van kant tot kant verdeel.

 

Apartheid bou ñ land so prag.

ENDRAG MAAK AFRIKANER MAG!

Hoog ons eie

"Babel Toring "

bou,

om kerk en kinders wit te hou.

 

Te laat verstaan ons die Heer se wet.

Niks kan ons volkie nou meer red.

Waar is EENDRAG?

Waar is ons MAG?

Eer ons nog die Heer se dag?

 

Die mure kraak soos tong verslap.

Wat word nou van ons land en taal?

Het geskiedenis hom weer herhaal,

Toe die Babeltoring weer op die grond neer daal?

"EENDRAG MAAK MAG" is nou na "UNITY IS STRENGTH"

vertaal


Gestroop van trots en land en taal.

Dieselfde boodskap nog ñ maal

 

"Back to the sea the Boer"

sê onse Xhosa broer;

nou die leier man.

Ñ Rainbow-nation het nou begin.

 

"SIMUNYE - We are one!"

 

Waarom het jou kinders dan gesterf?

My Land, my Taal, wat het ons nou om te erf?

"Let's surf the net" sê die jeug van Suid Africa,

"Let's go to Australia, England or America"

 

There our hope must lie.

WHO MORNS WHEN MIGHTY NATIONS DIE?

!ke e: /xarra //ke

R Wolhüter

1997

EX UNITATE VIRES was Revised 14 November 2005, 2021

To find out more about the Coat of Arms of the Union of South Africa; Read "National and Provincial Symbols and flora and fauna emblems of the Republic of South Africa"

by F G Brownell

1 comment:

ombeni said...

helllo there,my name is Mr. OMBENI MUKUNDA alias bob swedy gondwana OKAPI and i am a refugee from the DRC living in south africa as artist musician,a political analyst and also a flag admnistrator and i am happy to have discovered this site.